Aanloop

Tuisblad

Inhoudsopgawe Voorwoord Groeteboodskappe Stigting Streke
  Groei Toekomsperspektief Fotobeeld Bylae  

 

1. Aanloop tot die Stigting

Boeremusiek is wat dit sÍ. Dit is die vertolking van diť musiek wat die EuropiŽr uit Europa na Suid-Afrika gebring het en die Suid-Afrikaner in sy isolasie op verafgeleŽ grondgebiede, plase, as deel van sy kultuur voortgesit het. Veral die veeboere, wat verder van die gevestigde beskawing in Kaap die Goeie Hoop en sy plasies ó groente- en vrugteplasies ó uitgewyk het, het op hulle eie manier die musiek uit die Kaapse beskawing, eintlik maar die Europese beskawing, voortgesit. Natuurlik is die musiek in 'n baie vereenvoudigde vorm voortgesit. Dieselfde geld ook die dans op maat van die musiek, maar die basiese Europese wals, masurka en polka het bly voortbestaan. Die musiek en die ritmiese danse het deel van die ontspanning op die plase gebly en hierdie deel van die kultuur is deur die Voortrekkers sedert die dertiger- en veertigerjare van die negentiende eeu die binneland ingedra en gevestig.

Dit het 'n integrale deel van die boere se kultuur geword en toe die boerelewe 'n eie kerklike en politieke karkater ten noorde van die Gariep ontwikkel het en die naam boer 'n eie naam begin word het, is hierdie meer eenvoudige Europese musiek inderdaad met die Boere geassosieer. Dit was deel van die ontspanning van die Boere, die Afrikaners, in die Noorde.

Natuurlik het Boeremusiek nie vry gebly van invloede nie. Die musiekinstrumente van die Boere het dit 'n eie karakter gegee, afgesien van geleidelike invloede uit die Engelssprekende wÍreld wat die Suid-Afrikaanse samelewing sedert die begin van die negentiende eeu begin binnedring het en sy eie stempel afgedruk het. Origens het die Kaaps-Hollandse karakter van musiek en sang en ontspanningstyl, kultuurstyl, behoue gebly. Afrikaners was oor die algemeen nooit werklik vatbaar vir kultuurafwykinge nie. Dit is ook duidelik wat die kerklike lewe betref.

Maar dat geografiese omstandighede, ekonomiese styl en algemene kultuuraanpassings en -ontwikkelinge 'n invloed op die Afrikaner se musiek sou hÍ, is vanselfsprekend. Niemand leef so geÔsoleerd dat die kultuurgoedere onaangeraak bly nie. Aan die anderkant kan kultuurverandering ook in die teken van ontwikkeling staan. Dit hoef nie noodwendig negatief ervaar te word nie.

Die meer informele musikante in Afrikanergeldere het hoofsaaklik met konsertina en kitaar die Europese musiekritmes onder die meer landelike deel van die bevolking gevestig.

04traporrel.jpg (62134 bytes)

 

Die traporrel is vroeŽr dae dikwels in Boeremusiek gebruik

Aanvanklik is dit die ritmes ó die polka, masurka, wals ó wat gepromoveer is en is melodieŽ selfs sonder naam geskep. Hierdie melodieŽ is bloot gememoriseer en oorgedra van geslaf tot geslag. Boeremusiek, as volksmusiek, het 'n integrale deel van die Afrikanerkultuur geword en is gereeld by Boeredanse gespeel. Hierdie danse was hoofsaaklik op die plase en het familielede en vriende saamgetrek.

Met die totstandkoming van die musiekplaat, die 78-spoed plaat met sy beperkte ruimte vir musiekproduksies, is verskeie Boeremusieksnitte in Brittanje gedruk en in Suid-Afrika versprei. Dit het die Boeremusiekmark lewendig gehou en veral radiobemarking gestimuleer. 'n Toenemende aantal Boereorkeste het plate laat maak en die radio het Boeremusiek in baie huise gebring.

Tot en met die vyftigerjare van die twintigste eeu is Boeremusiek vryelik uitgesaai, maar ander musiekproduksies, veral uit die buiteland, het geleidelik groot kompetisie gebied en Boeremusiek het stiller begin word.

Predikante, ook maar kultuurdraers, het die "vreemde" musiek wat Suid-Afrika binnegestroom het, openlik veroordeel ťn ook die danspartye wat daarmee gepaard gegaan het. Die Kerk se onverbiddelike vete teen dans het uiteindelik ook Boeredanse in die gedrang gebring en gevolglik die bemarking van Boeremusiek.

Gelukkig het die Nederduitse Gereformeerde Sinode in die Vrystaat in 1987 'n baie verantwoordelike en gebalanseerde besluit oor dans geneem, naamlik dat nie alle vorme van dans sonde is nie. Dit kan ook, het die Sinode gesÍ, 'n vorm wees van gesonde ontspanning en vermaak ťn 'n vorm van kunsbeoefening. Hierdie besluit is deur die Nederduitse Gereformeerde Kerk se Algemene Sinode in 1990 in Bloemfontein deur 'n soortgelyke besluit ondersteun.

Sulke besluite gee aan kultuurorganisasies wat Boeremusiek wil bevorder groter vrymoedigheid om die soort musiek, en die dans wat daarmee gepaard gaan, te bevorder en veral op 'n gesonde kulturele grondslag te plaas.

Want dit gaan by die bevordering van Boeremusiek nie bloot om die sug na sinsgenot nie, maar om die bevordering van die volkseie. Boeremusiek, en die danse wat daarmee gepaard gaan, het 'n unieke karakter en is in die breŽ kultuurwÍreld duidelik onderskeibaar. Die ou ritmes het wel 'n Europese agtergrond, maar die melodieŽ en die toevoeging aan ritmes in die jonger tyd, is tipies Suid-Afrikaans. So het die seties en die vastrap as 'n welkome uitbreiding van die ritmes intussen baie gewild geraak.

05-nico-konsertina.jpg (53400 bytes)

   

Die Boerekonsertina bly sedert die vroegste jare 'n gewilde instrument. Nico van Rensburg is die musikant.

Watter aangename tye het die radio, die Suid-Afrikaanse Uitsaai Korporasie, nie in die vyftiger ó en sestigerjare voorsien toe Boeremusiek gereeld oor die lug gehoor is nie. 'n Saterdagmiddag veral was goed gevul en het in die besonder in die aanloop tot groot sportuitsendings luisteraars oor die hele land opgevrolik. 'n Rugbytoets was byvoorbeeld die hoogtepunt van 'n hele middag se Boeremusiek.

Maar diť dae het ongelukkig verbygegaan. Ander klanke, waarskynlik meer populÍre klanke, is in 'n toenemende mate deur die radio uitgedra.

In die jonger jare is Boeremusiek doelbewus op die agtergrond geskuif, veral deur die streekradiodienste wat deur markopnames probeer bevestig het dat luisteraars se smaak verskuif het en dat die meeste jongmense veral musiek uit die Engelssprekende wÍreld ó veral Noord-Amerika, Brittanje en AustraliŽ ó verkies.

Die doelbewuste afskaling en onderdrukking van Boeremusiek het 'n hartseer verhaal geword en dit het Boeremusiekliefhebbers bymekaar gebring en die ontstaan van kultuurorganisasies tot gevolg gehad wat die oplewing van Boeremusiek ten doel gehad het.

Hierdie inspuiting ter bevordering van Boeremusiek kom hoofsaaklik van Boere musikante wat nuwe orkeste op die been gebring het ťn kultuurorganisasies spesifiek gemik op die bevordering van Boeremusiek.

Dit kom al uit die sewentigerjare van ons eeu en kry in die daaropvolgende dekade momentum veral as gevolg van die radio se Konsertinaklub uitsendings, die totstandkoming van die Tradisionele Boeremusiekklub, TV-programme toegespits op Boeremusiek en die stigting van die Boeremusiekgilde in 1989.

Die Boeremusiekgilde, met sy wyer persepsie i.v.m. die bevordering van Boeremusiek, is die jongste Boeremusiekorganisasie en het ten doel die bevordering van Boeremusiek in sy tradisionele styl, sowel as in sy meer moderne idioom. Dit beteken dat daar by hierdie organisasie en sy leiers groter begrip is vir die benutting van meer gesofistikeerde en geŽlektrifiseerde musiek-instrumente in Boeremusiek. Die tromme, wat in ander ligte musiek populÍr is en veral onder die jonger geslag, is ook gewild by Boereorkeste met 'n meer moderne inslag.

Dieselfde geld geŽlektrifiseerde snaarinstrumente, soos vir die ritmekitaar-speler en die baskitaarspeler. Die elektroniese klawerinstrument is ook gewild, soos trouens die versterking van 'n Boereorkes se klank deur elektriese versterkers en die gepaardgaande luidspeker. Dit het eintlik by optredes voor groot gehore of by groot saamtrekke in die jonger tyd noodsaaklik geword om klank te versterk.

Die blote aanbieding van Boeremusiek slegs deur die benutting van akoestiese klank en die natuurlike klank van musiekinstrumente in die algemeen, soos byvoorbeeld in 'n simfonie-orkes, is in die moderne opset nie moontlik nie. Plaasdanse, soos in die vroeŽrjare, in die plaashuise of in die waenhuis of motorhuis of skuur, is nie meer so algemeen nie. Trouens, dit het feitlik uitgesterf.

Byeenkomste is vandag groter. Die meer moderne klanktoerusting, ťn moderne klank, het reeds sy invloed in die aanbieding van Boeremusiek gevestig. Met diť soort toerusting en klank het die jonger geslag ook groot geword, met die gevolg dat die bemarking van Boeremusiek hedendaags ook van hierdie invloed kennis moet neem.

Dit het dus volgens talle Boeremusiekliefhebbers en Boeremusikante noodsaaklik geword om by die vernuwing in klank en styl aan te sluit in 'n poging om veral die jongeres wat geheel en al van Boeremusiek vervreemd geraak het in die kamp van die Boeremusiekliefhebbers te kry.

05-deurnagdans.jpg (91912 bytes)

By die deurnagdans in die Sand du Plessisteater te Bloemfontein op 18 Junie 1993

Dit beteken egter nie dat in diť denk- en leefwÍreld van die Boeremusiekgilde die tradisionele klank en styl sy waarde en betekenis verloor het nie. Alles behalwe! Trouens, die beoefening van die tradisionele styl geniet die hoogste prioriteit. Daarvan getuig die vele musikante, tradisionele Boeremusiekmakers, wat aan die Boeremusiekgilde behoort. Talle Boere-orkeste wat tradisioneel speel neem jaarliks aan die Gilde se nasionale orkeskompetisie deel. Hulle ontvang dieselfde waardering as die Boereorkeste met die sogenaamde moderne styl. In sommige ore is die woord "modern" soms skeltaal ó asof dit so boos is om te ontwikkel. Ontwikkeling is normaal, ook in die musiekwÍreld, op voorwaarde dat die eindproduk musiek is en nie geraas nie. Dit moet iets van sy soetigheid behou en die menslike gees stimuleer en nie ontstel nie.

Teen hierdie agtergrond moet die aspirasies in verband met die bevordering van die meer moderne styl in Boeremusiek verstaan word. Die Tradisionele Boeremusiekklub het as 'n gevestigde kultuurorganisasie in die loop van die tagtigerjare reeds die aandag van talle Boeremusiekvriende getrek. Onder die lede van diť klub vind ons ook talle musikante wat hulle toe self reeds in die meer moderne styl gevestig het en dit wou handhaaf.

Trouens, in die laat tagtigerjare kom daar 'n aansienlike steun vir die bevordering van moderne Boeremusiek binne die TBK na vore.

Die meer moderne speelstyl is toe ookal reeds gevestig in die BoeremusiekwÍreld. Bekende konsertinaspelers en klawermusikante se musiek is toe ook al lank op die mark. Konsertinavoorlopers in die verband is byvoorbeeld die bekende Fanie Bosch, Rassie Erasmus, Nico Langeveldt, Neels Steyn, Neels Mattheus, Nico van Rensburg, Dirk Laas, Corrie Nortjť en talle ander.

Ons land het 'n rykdom aan konsertinaspelers en ander musikante wat dit geniet om met hulle instrumente te eksperimenteer, verskillende akkoorde in die melodie in te vleg en in verskillende toonhoogtes te speel ó selfs in ťťn Boeremusieknommer. Dieselfde geld die klawermanne Flippie van Vuuren, Theo Erasmus, Ollie Viljoen en ander.

Talle musikante op die snaarinstrumente het dieselfde aspirasies en benadering. Ons weet byvoorbeeld van die gesellige klanke van Ricardo Bornman se kitaar en Jan Langeveldt se banjo ó almal topklasspelers wat die tradi-sionele styl oor die algemeen ook bemeester het. Dirk Laas, byvoorbeeld, haal selfs jazz-klanke uit die konsertina, maar laat die liefhebbers van die tradisionele ook lekkerkry wanneer hy die Anna Popseties op sy Boerekonsertina speel.

Daar was dus 'n behoefte aan begrip vir hierdie musikante, vir die liefde vir die meer moderne, die meer gevarieerde aanbiedinge toe daar in die laat tagtigerjare gepraat word oor vernuwing in die klanke by die TBK se funksies. Die betoog van die beswaardes was gemik teen die TBK se grondwet, wat geen ruimte geskep het vir Boeremusiek in sy verskillende vorme nie.

06-sand-teater.jpg (109575 bytes)

Sand du Plessisteater, Bloemfontein

Die behoefte aan 'n ander organisasie kom baie sterk na vore tydens die groot konsertinafees in April 1987 te Krugersdorp. By die fees, wat deur Theo Erasmus gereŽl is en waarin hy 'n groot rol gespeel het, is Ollie Viljoen deur verskeie musikante genader oor die moontlike stigting van 'n organisasie wat Boeremusiek "in al sy vorme" sou bevorder.

Die oŽnskynlike rede hiervoor is dat baie musikante ontuis gevoel het binne die TBK en selfs negatief daaroor gedink het. Dit is onomwonde gesÍ dat die TBK, met sy "verkrampte idees en rigiede reŽls", musikante met 'n aanvoeling vir die meer moderne idiom nie werklik akkommodeer nie.

Dit is dus duidelik dat die spanning binne die TBK opgelaai het en dat gesprekvoering noodsaaklik geword het. Dit vind aanvanklik ook binne die geledere van die Instituut vir Landboukultuur, 'n FAK-geaffilieerde organisasie, plaas en die spreekbuise in hierdie geselskap is manne soos 01lie Viljoen en Hennie Oberholzer wat op die voorpunt in hierdie debat staan en angstig oor vernuwing in die TBK raak.

Die aanvanklike bedoeling was dus geensins om lede aan te moedig om die TBK te verlaat of om die TBK teŽ te gaan nie. Die oogmerk was eerder om die TBK te betrek by 'n toekomstige musiekorganisasie "wat voorsiening sou maak vir die behoud, beskerming en uitbouing van alle Boeremusiek".

M.a.w. sommige Boeremusiekvriende het die hoop gekoester op 'n oorkoepelende organisasie met breŽr ruimte vir die bevordering van Boeremusiek, maar dan in al sy vorme.

07-aucamp.jpg (79799 bytes) Ds. Lourens Aucamp (links) geniet waardering vir sy groot bydrae tot die bevordering van Boeremusiek, Oktober 1994; Gerhardt Olckers gee Ďn stywe handdruk.
Daarop het 'n vergadering van TBK-leiers en ander Boeremusiekvriende in Ollie Viljoen se kantoor in die SAUK-gebou, Aucklandpark, Johannesburg, gevolg.

Die aanwesiges vorm eintlik die basiese gespreksgroep oor 'n meer gedifferensieerde toekoms vir Boeremusiek, naamlik die bekende here ds. Lourens Aucamp, Piet Bester, Stefaan van Zyl, Hennie Oberholzer en Ollie Viljoen. Die saak van Boeremusiek en 'n toekomstige oorkoepelende liggaam is indringend bespreek. Die eersgenoemde drie lede was verteenwoordigers van die destydse TBK-bestuur, terwyl laasgenoemdes hulleself beskou het as die verteenwoordigers van 'n breŽr uitkyk op Boeremusiek.

Ds. Aucamp het in diť gesprek blykbaar 'n meer soepele benadering gehad. Hy was minstens "oop vir gesprek". Vir manne soos Ollie Viljoen en Hennie Oberholzer was dit uiteindelik selfs aanvaarbaar dat 'n breŽr bevordering van Boeremusiek onder die vaandel van die TBK geloods word.

Die ontevredenes se voorstelle was vir die TBK-leierskorps nie aanvaarbaar nie, met die gevolg dat die gesprek in 'n doodloopstraat beland het en ds. Aucamp selfs sy leiersposisie in die TBK verloor het. In diť proses is Ollie Viljoen sy TBK-erelidmaatskap ontsÍ. Alles het gedui op 'n onoorbrugbare kloof tussen die ondersteuners van 'n meer omvattende beskouing aan die eenkant ťn die aanhangers van 'n enger standpunt.

Daarmee het Boeremusiekvriende in hulle organisatoriese verband van mekaar geskei, want Boeremusikante soos Ollie Viljoen, Nico van Rensburg en Hennie Oberholzer begin uit eie inisiatief met 'n "tussentydse komitee" met die oog op die stigting van die Boeremusiekgilde. Hierdie stigting vind formeel op 9 Oktober 1989 by die Pioniershuis in Silverton, Pretoria, plaas. By die geleentheid is die primÍre doel van die Boeremusiekgilde eenvoudig en met akklamasie uitgespel. Dit gaan naamlik om die behoud, bevordering ťn uitbouing van tradisionele Boeremusiek, eietydse Boeremusiek ťn inheemse ligte Afrikaanse musiek in die ritmiese idioom.

Daarby gesÍ, bogenoemde stigting in 1989 in Pretoria, het ook impulse uit ander oorde in die land ontvang. Weliswaar het die Transvalers, Ollie Viljoen, Hennie Oberholzer en ander, op die voorpunt van die debat met die TBK-bestuur gestaan, maar ook in ander provinsies was daar roeringe in die verband.

Ons neem byvoorbeeld kennis van die stigting van so 'n Boeremusiekorganisasie in Julie 1987 in Port Elizabeth, die bekende Neels Mattheus se wÍreld, waar talle bekwame Boeremusikante gewig ingooi om Boeremusiek te bevorder. Twee jaar later, dit is op 26 Julie 1989, volg die stigting van 'n Gildestreek in Pretoria, die Noord-Transvaalstreek. Die leiers in die verband is Nico van Rensburg, Hennie Oberholzer en Manie Bodenstein. Dit was weer in opvolging van die Westelike-Provinsie en die Witwatersrandgebied wat ook in Julie 1989 ó onderskeidelik op 25 en 26 Julie ó 'n Boeremusiekorganisasie buite die TBK begin. Dit wil sÍ in die Oos-Kaap en die Wes-Kaap en in die hart van Transvaal kom Boeremusiekorganisasies na vore wat vra om konsolidasie ťn die omvattende bevordering van Boeremusiek.

Die stigting van die Boeremusiekgilde op nasionale vlak in Pretoria op 9 Oktober 1989, was deel van 'n afsonderlike beweging in die BoeremusiekwÍreld wat op daardie stadium toe al reeds sterk momentum gehad het.