Streke

Oostelike Provinsie

Westelike Provinsie Wits Noord-Tvl Natal
Vrystaat Wes-Transvaal Verre Noord Tvl Suid-Kaap Vaaldriehoek

 

3.5  Natal

Die Natallers is die eerste onder die Boeremusiekliefhebbers om na die formele stigting van die Gilde in Pretoria 'n Boeremusiekstreek te stig. Dit het in Durban gebeur, slegs 'n paar dae na die stigting in Silverton, naamlik op 16 Oktober 1989.

Die feit dat die Durbaniete oorwegend Engelssprekend is, was nie 'n probleem vir stigting nie. Trouens, Natal spog van die begin af met sy Engelssprekende lede in die Gilde en is trots op hulle. Reeds met stigting is daar belangstelling uit diť oord. Die presensielys van sewe en twintig by die stigting beklemtoon dit en voorspel 'n goeie toekoms vir diť streek by watter geleentheid Corrie Bouwer as die voorsitter gekies is.

Nico van Rensburg, hoof uitvoerende beampte, woon diť vergadering by en moedig die Natallers aan om doelgerig voort te gaan. Die res van die bestuur met stigting is Piet Bouwer (vise-voorsitter), Myrtle Fourie (sekretaris), Max Marais, Guy Henning en Sharmaine Grobbelaar.

Dit gaan egter nie van die begin af so goed nie. Vroeg in 1990 kla die voorsitter dat dit met Boeremusiek in die ďIngelse Provinsie" maar sukkel-sukkel gaan. Kort na stigting begin Bill Summerton, 'n hulpkrag vir die bestuur, egter ernstig met ledewerwing op die dansbane.

27-alf-wiggel.jpg (131484 bytes)

Alf Wiggill (links) en sy mede-Natallers, Rooihuiskraal, Oktober 1994

Die streek beur vorentoe. Die ledetal by die stigting is wel skraal (tien), maar kort in die nuwe jaar staan dit op omtrent sewentien. Die Boeredag en -dans op 16 April 1990 in die Saamwerk HoŽrskool in Durban, sou sekerlik ook help om die groei te stimuleer. Dit geld ook die daaropvolgende funksies tot in 1994.

Soos alle ander streke het die Natallers egter ook hulle groeipyne, hoewel ontevredenheid en spanning in die streek die streek heelwat skade berokken het. Die Hoofbestuur se dagbestuur neem ook daarvan kennis en wys in die loop van 1991 voorlopig 'n nuwe streeksbestuur aan.

Orkeste in diť gebied wat op daardie stadium 'n groot Boeremusiekbydrae gemaak het, is onder meer diť van Corrie Bouwer, Alf Wiggill en Johnny Booyse. Die populÍre plekke vir die Boeredanse was toe die MOTH-saal in Seaview, die Primary School Bellair en die Andries Pretorius Skoolsaal op die Bluff, Durban.

Opvallend dat die Natalse Gilde nie net danse reŽl nie, maar dat lede betrokke raak by breŽr kultuurfunksies en meermale diÍ populÍre Boeredae in die streek vir Boeremusiek benut. Een voorbeeld is 'n groot Boeredag op 31 Mei 1991 by die Saamwerk HoŽrskool wat met 'n Boeredans afsluit. Om ondersteuners te lok, is die toegang tot danse selfs so goedkoop soos R3 vir nie-lede en R1 vir 'n lid. Orkeste tree sonder vergoeding op of vir baie min geld. Op bogenoemde dag was Dirk Laas van die Vrystaat en oud-Nataller, die gaskunstenaar. Nico van Rensburg het ook al in die verband gaan help.

Die nuwe bestuur, met Alf Wiggill as waarnemende voorsitter en Tienie Greeff as waarnemende vise-voorsitter, neem teen die middel van 1991 oor en poog om nog groter momentum aan die Gilde in Natal te gee.

Die ander bestuurslede was toe Myrtle Fourie (sekretaris/penningmeester), Sharmaine Grobbelaar, Guy Henning en Max Marais. Die kantoor van die Gilde is toe Myrtle se woonplek in Libra Lodge 5, Eldridgeweg 29, Escombe, Queensburgh. Daar is ook vergaderings gehou.

Juis in daardie jaar ó 1991 ó slaag Alf Wiggill se Boereorkes 'n oudisie by die SAUK en maak die orkes opnames vir Konsertinaklub, 'n program op Radio Suid-Afrika, deesdae Afrikaans Stereo. Alf en Tienie word later permanent in hulle onderlinge ampte aangewys. Diť tydelike verantwoordelikhede is deur die Hoofbestuur (Dagbestuur) gereŽl. Ander bestuurslede tot op daardie stadium was Johnny Booyse, Hetta Bouwer en Erik van Zyl.

Natal kom sedert die totstandkoming van die nuwe bestuur al hoe sterker na vore. Gevolglik verneem die Dagbestuur vroeg in 1992 al dat diť streek "uitblink" en harde werk doen. Die bestuur benut selfs die vlooimarkte oor die naweke om die Gilde se fonds te sterk. Moeite in die verband is van die begin af kenbaar, ook in die dae van die ou bestuur. Alles dui op die desperaatheid in Natal om hierdie faset van die kultuur te laat oplewe, danksy ook die hulp van Engelssprekende lede. Op 'n stadium was omtrent die helfte Engelssprekend. Daar is ook Duitsers en Skotte in die Gilde en selfs 'n Fransman.

Alf se Boereorkes bied sedert 1991 maandeliks 'n funksie aan om die Gilde se fonds te sterk. Trouens, sy orkes se klanke word ook in Oktober 1991 by die nasionale kompetisie van die Gilde in Pretoria, as die verteenwoordigers uit Natal, gehoor. Sy orkes is die eerste uit diť streek wat op hoŽ vlak meeding.

Sedert 1992 moes die Gilde ander dansplekke gebruik, want die skole het intussen hulle deure vir diť soort funksies gesluit. Die E.R. Carney-personeelwoning in Montclaer word toe 'n nuwe toevlug vir sulke danse. Opvallend die aantal gaskunstenaars van buite Natal wat kom help. In Oktober 1992 ontvang Natal die Ollie Viljoen wisseltrofee as die beste streek in die land.

Natal se bestuur gaan tot in die feesjaar met krag voort en kry ook nog die waardevolle dienste van onder meer Jan Riethoven, 'n hardwerkende "kaaskop" (Nederlander), by. Op hom is die Natallers net so trots. Ons het in hierdie streek in ieder geval te doen met 'n trotse streek wat graag by die nasionale kompetisie in Pretoria homself identifiseer as positief en lewenskragtig - 'n waardige draer van die kultuur.