Voorwoord

Tuisblad

Inhoudsopgawe Groeteboodskappe Aanloop Stigting Streke
  Groei Toekomsperspektief Fotobeeld Bylae  

 

VOORWOORD

Dit is met dankbaarheid teenoor die Here dat die Boeremusiekgilde oor 'n gesende geskiedenis kan terugkyk. Boeremusiek is deel van die Afrikaner se Europese erfenis, hoewel dit op Suid-Afrikaanse bodem 'n eie karakter ontwikkel het en intussen 'n trotse kultuurbesit geword het. Die liefhebbers, ontwikkelaars en draers van Boeremusiek bemark dit gevolglik met oortuiging en poog om die Suid-Afrikaanse samelewing en selfs die buitelandse mark met die gesellige klank van di musiek te stimuleer en op te vrolik. Boeremusiek besit 'n soort vitaliteit, aantreklikheid, en skep genoeg energie om liggaam en siel in beweging te bring. Dit staan gevolglik meer bekend as dansmusiek, hoewel dit net sulke lekker luistermusiek kan wees, egter nooit sonder die beweging van vingers en voete nie.

"Dit laat voete jeuk", s die mense! En al is die liefhebber nie op die dans-baan nie is sy o, en daarom sy gees, darem daar. Byges, nie alle voete is tuis op die dansbaan nie omdat dans nogal 'n kuns is, veral sekere Boeremusiekritmes, soos die seties.

Boeremusiek is lewe en laat lewe en daarom ag die skrywer dit n besondere voorreg om daaroor te praat en deur hierdie publikasie meer oor Boeremusiek bekend te maak. Dit gaan in die eerste plek meer oor die Boeremusiekgilde en sy verhaal van 1989 tot 1994, dit wil s sy eerste stappe in die rigting van die bevordering van Boeremusiek in al sy fasette.

Die versoek vir so n vertelling kom van die Boeremusiekgilde se Dagbestuur in 1994 en is met die oog daarop om kortliks te herinner aan die feit dat Boeremusiek, na n tragiese insinking, weer opleef en momentum kry as n terapie vir ons Suid-Afrikaanse samelewing. Daar is al heelwat gesaghebbend oor Boeremusiek geskrywe en in hierdie verband is die publikasie van Piet Bester van Pietersburg inderdaad monumentaal. Boeremusiekliefhebbers dank hom daarvoor.

Rooihuiskraal Okt 1994; Dr Leon Ferreira (links) ontvang 'n toekenning as naaswenner in die tradisionele Boeremusiekafdeling; Alf Wiggell (middel) wat die tweede plek deel, kyk toe; Nico van Rensburg doen die oorhandiging.

Dit gaan in hierdie storie egter oor 'n kultuurorganisasie wat in die resente jare, dit is sedert die begin van die laaste dekade in die twintigste eeu, aan die wyer Boeremusieksmaak aandag gee n die bemarking daarvan oor 'n wyer spektrum van die samelewing. Die organisasie wat dit ten doel het, is die Boeremusiekgilde. Ons praat dus oor hierdie Gilde!

Omdat dit die eerste formele publikasie oor die Boeremusiekgilde is, is die skrywer se enigste formele toevlug di organisasie se argivale materiaal en die beskikbare foto's. Dit voorsien gelukkig 'n magdom van inligting. Daarbenewens is die persoonlike inligting van die Gilde se stigterslede en ander Boeremusiekvriende net so belangrik.

Die feit dat ons in 1995, by die teboekstelling van die verhaal, so naby aan die geskiedenis is, maak 'n objektiewe evaluering van die Gilde moeilik. Dieselfde geld 'n oordeel oor die vestiging van so 'n kultuurbeweging in Suid-Afrika self en sy blywende betekenis.

Dit gaan egter meer om die aankondiging van die feit dat die Boeremusiekgilde tot stand gekom het, duidelike oogmerke het en koers gekry het in di samelewing waarbinne hy verantwoordelikheid ontvang het en poog om dit na te kom.

Die samewerking van Boeremusiekstreke in die land in die voorsiening van inligting is 'n belangrike bydrae by die verskyning van hierdie publikasie. Daaruit blyk die entoesiasme om 'n groot kultuursaak weer te laat oplewe. Landwyd kom manne en vroue na vore, sommige te midde van 'n druk werksprogram, om tyd, talente en geld in die oplewing van Boeremusiek te bel. Alles vra energie en geloof.

Groot dank, dus, aan almal wat meegewerk het aan hierdie geskrif, wat die vraelyste aan die streke voltooi het, foto's help opspoor het en argivalia en ander materiaal beskikbaar gestel het. Groot waardering ook vir Hoofkantoor se hulp, veral deur die beskikbaarstelling van belangrike argivale materiaal uit die kantoor.

Ten slotte, maar die belangrikste, dank aan die Here vir gesondheid en kragte, die voorreg van 'n volksverband en kultuurbande oor 'n wye spektrum. Mag die Boeremusiekgilde, sy doelstellinge en sy praktyk in die eerste plek na die eer van die Here strewe want Hy gee die vreugde van die ewige verlossing en die voorreg aan verlostes, Christengelowiges, om die lewe in sy geestes- en materile vorm te geniet.

Daarom lewe ons siel op in die erediens en vat ons by geleentheid die snaar- en blaasinstrumente vas vir ons gewone aardse vrolikheid. Die hele lewe behoort aan die Here, daarom dank ons Hom ook in ons alledaagse kultuurgloed en -glans.

Of ons nou eet of drink of enigiets doen, ons doen dit tot eer van die Here wetende dat Hy ons die voorreg gee om as aardbewoners alles op die aarde te geniet. In die hiernamaals is die lewensgloed vir die kind van God nog groter.

Leon Ferreira

BLOEMFONTEIN,

Junie 1995