Tuisblad

Inhoudsopgawe Voorwoord Groeteboodskappe Aanloop Stigting
  Groei Toekomsperspektief Fotobeeld Bylae  

 

Streke

Oostelike Provinsie

Westelike Provinsie Wits Noord-Tvl Natal
Vrystaat Wes-Transvaal Verre Noord Tvl Suid-Kaap Vaaldriehoek

3.4   Die Witwatersrand

Hierdie streek het sy stigting op 'n besondere plek gereël. Dit was by wyse van 'n vergadering van omtrent veertig belangstellendes onder die leiding van Ollie Viljoen in die SAUK-gebou, ateljee 4, Aucklandpark, Johannesburg. En die stigtingsdatum: 26 Julie 1989.

Die eerste bestuurslede is Piet van Heerden (voorsitter), Theo Erasmus (vise-voorsitter), Jan Henning (skriba), André Roux (tesourier), Hansie Breed, Marius Doubell, Lou Venter en Rosie Erasmus. Die bestuur in die feesjaar lyk ietwat anders. Slegs Rosie Erasmus en Hansie Breed van die bestuur dien nog.

16-ollie-orrel.jpg (72815 bytes)

Ollie Viljoen by die traporrel in 1994

Rosie Erasmus is in 1994 die voorsitter en die kragte aan haar sy Jasper van Rensburg (vise-voorsitter), Pat Malony (tesourier), Hansie Breed (skakelbeampte), Martie Brits (sekretaris), Dirk Botha, Koot Brits, Jakkie Esterhuizen en Danie van Rensburg. Die bestuur is vergroot om verteenwoordigers uit die ou Wes-Transvaalstreek, wat intussen ontbind het, te akkommodeer.

Ander bestuurslede in die Witwatersrandstreek van 1989 tot 1994 is Nic Potgieter, Heili Henning, Paul Jacobs, Frikkie Kriel, Dawn Lourens, Piet van Huyssteen, Andries Coetzer en Amanda Neethling. Die posadres van die skakelbeampte is Posbus 392, Florida 1710. Die straatadres van die kantoor is Rosamondstraat 13, Florida 1709.

In April 1993 word Wes-Transvaal deel van hierdie streek en vanaf Julie 1994 sorteer die ou Noord-Transvaal — dit is Pretoria en omgewing — onder die Witwatersrandstreek. Die Wes-Transvaal-gedeelte word deel van die Vaaldriehoek, 'n streek wat in 1994 gestig is.

Witwatersrand met sy rykdom aan talent en kunstenaars hou goeie kontak met sy lede deur gereelde nuusbriewe en sy opwindende funksies.

17-jan-henning.jpg (132288 bytes)

Jan Henning, in lewe 'n bekwame musikant

Hierdie funksies — eintlik Boeredanse — is ondermeer in die stadsale van Roo-depoort, Boksburg, Krugersdorp, Klerksdorp en Kemptonpark. In Johannesburg word die Danie van Zylsaal gebruik. In Florida is dit die Lapa en dan kom Tant Elsie se Kultuurskuur ook nog in die prentjie. Oral word Boeremusiek gemaak en gehoor. Krugersdorp kry ook nog 'n Koffiehuiskonsert.

18-pat-maloney.jpg (114413 bytes)

Rooihuiskraal, Oktober 1994; Pat Malony (konsertina) en sy orkes

19-kemptonpark-junior.jpg (122292 bytes)

Rooihuiskraal, Oktober 1994; Kemptonpark Juniororkes; voor: Jasper van Rensburg Snr. (afrigter) en Tinus Esterhuizen van Afrikaans Stereo (regs)

Opvallend die deelname van kinders en jongmense en hulle bydrae in die verband. By die Witwatersrand se funksies kry ons die hoërskole Florida, Brakpan (H.T.S.), John Vorster, Nigel, Roodepoort, Roodepark, Kemptonpark, Sekunda en ook nog die laerskool Gen De La Rey.

Die ou groot staatmakers is natuurlik daar: Nic Potgieter, Nico van Rensburg, Pietman Potgieter, Fred Woolridge, Ricardo Bornman, Koos Barnard, Theo Erasmus en ander.

Die tragiese in die Witwatersrand se verhaal is die onbetrokkenheid van die bekende en gevestigde kultuurorganisasies by Gildefunksies, net soos in ander Boeremusiekstreke in die land. Sekere borge lewer egter 'n groot bydrae op die Rand, te wete Melody's Boksburg, Momentum Lewens en Sasol.

20-corrie-nortje.jpg (86148 bytes)

Rooihuiskraal, Oktober 1994; Corrie Nortjé (voor) met sy wenorkes in die moderne Boeremusiekafdeling

Die Rand se mense het egter voortgegaan met hulle taak en o.m. ernstige aandag gegee aan die opleiding van skoliere in Boeremusiek. 'n Musiekwerkswinkel soos in die W.P., is deel van die beplanning in die toekoms. Dit is veral gemik op skoliere.

Die uitbouing van Boeremusiek as 'n kultuureiendom, is soos in ander gebiede hoog op die prioriteitslys. Daarvan getuig die Boeremusiekfeeste op die Rand, die Koffiehuiskonserte, die hulp met die insameling van geld vir behoeftige kinders, veral in Claremont, en natuurlik die deelname aan die Roodepoortse Internasionale Eisteddfod!

21-hansie-breed.jpg (133485 bytes)

 
Hierdie streek toon van die begin af enorme potensiaal met sy groot aantal Boeremusikante en orkeste. Die senior orkeste alleen is bykans dertig in getal en die junior orkeste — d.w.s. die skoolorkeste — agt. Dit is die situasie in 1994. Onder die kultuurleiers, veral Boereorkesleiers, is daar bekende name.

Afgesien van die bestuurslede en hulle besondere bydrae op die engere en breëre kultuurvlak is daar ook nog leier-Boeremusikante soos Ollie Viljoen, Pat Malony, Willie de Ridder, Jannie Jacobs, Jan Henning, Tom Zwart, Corrie Nortjé, Koot Brits, Pieter Zwart, Tiny Mey, Jannie Williams, Gerhard Meyer, Hannes Schoeman, Frikkie Kriel, Johan Keyser, Piet Botes, Johnny Lourens, Gert Delport, Theo Erasmus, Piet Snyman, Dons van Zyl, Kobus Fourie, Piet Botha, Ricardo Bornman, Adam Grobler, Frans Koekemoer, Pietman Potgieter.

Omdat dié streek so veeleisend is, besluit hy in 1991 op subkomitees as 'n hulp vir die bestuur want die verskillende verantwoordelikhede plaas groot druk op byvoorbeeld die voorsitter, Rosie Erasmus, en die skakelbeampte, Hansie Breed. Gelukkig het die streek in Hansie Breed 'n uiters ervare persoon in die kommunikasie-, musiek-, skrywers- en algemene kultuurwęreld.